Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by anelenkosi

Waar Om Hoop Te Vind

Elizabeth was ’n dwelmverslaafde en het lank gesukkel om die verslawing te breek. Sy het dit nietemin later oorwin en wou daarna graag ander uit dankbaarheid help. Sy het begin deur anonieme notas deur die stad te versprei deur dit onder motors se ruitveërs te plaas en aan pale in parke vas te kram. Waar sy voorheen na tekens van…

Onveranderlike Liefde

Ek het reeds op hoërskool vir die universiteit tennis gespeel en baie ure van my jong lewe op die vier sementbane, wat nie ver van ons huis geleë was nie, deurgebring. Ek het net een doel voor oë gehad en dit was om my spel te verbeter.

Tydens my laaste besoek aan die stad waar ek opgegroei het, kon ek…

Wanneer Teëspoed Toeslaan

Gedurende die Asiatiese Finansiële Krisis in 1997 het meer mense werk gesoek as wat daar beskikbare poste was. Ek was een van hulle. Ná 9 angsvolle maande het ek ’n betrekking as kopieskrywer gekry. Die maatskappy het egter kort daarna finansiële probleme ondervind en ek was weer sonder werk.

Was jy al in ’n soortgelyke posisie? Nes dit lyk of…

Omgee Met Waaksaamheid

My seun was al halfpad by die deur uit toe ek vir die tweede keer by hom wou weet, sonder om te lieg, of hy regtig sy tande geborsel het. Hy het skertsend opgemerk dat ek die installasie van ’n sekuriteitskamera in die badkamer moet oorweeg. Dan sou ek self kon sien of hy sy tande geborsel het of nie…

Oos Wes, Tuis Bes

“Hoekom moet ons verhuis?” het my seun gevra. Dit is moeilik om aan veral ’n vyfjarige te verduidelik wat ’n tuiste werklik is. Omdat ’n woning ’n plek is waar geliefdes tuis gaan, was ons eintlik besig om ’n huis te verlaat maar nie ons woning nie. Woning is die plek waarheen ons terugkeer na ’n lang reis of na…

Ek Kan Dit Net Nie Doen Nie

“Ek kan dit net nie doen nie,” het die verslae student gekla toe hy die haas onmoontlike vraestel bekyk. Hy het die onderwyser se hulp benodig.

Ons mag dalk dieselfde wanhoop beleef wanneer ons Jesus se bergrede lees. “Julle moet julle vyande liefhê” (Mat. 5:44). Kwaad is so sleg soos moord (vs. 22). Begeerte is dieselfde as egbreek (vs. 28).…

Om Ons Seer Weg Te Steek

’n Plaaslike kerk het my gevra om as gasspreker op te tree. My onderwerp het gehandel oor die erkenning van gebrokenheid en die genesing wat God wil skenk. Voordat ons met gebed gesluit het, het die pastoor opgestaan, diep in die oë van sy gemeentelede gekyk en gesê: “As julle pastoor het ek die voorreg om gedurende die week na…

Vreemdelinge Verwelkom Vreemdelinge

Ons, ek en my man, het na Seattle verhuis om naby my suster te wees. Ons het nie geweet waar ons sou woon of werk nie. ’n Plaaslike kerk het ons gehelp om blyplek te vind: ’n huurhuis met baie slaapkamers, waarvan ons baie aan internasionale studente kon verhuur. Vir die volgende drie jaar was ons vreemdelinge wat ander vreemdelinge…

Treffende Tyd

“Westerlinge het horlosies. Afrikane het tyd.” So het Os Guinness ’n Afrika spreekwoord in sy boek Impossible People aangehaal. Dit het my laat dink aan die kere wat ek op ’n versoek gereageer het met “Ek het nie tyd nie.” Ek het gedink oor die oorheersing van die dringende, en hoe skedules en tydgrense my lewe beheer.

Moses bid in…

Maak Die Kritikus Stil

Ek en’n span bied ’n gemeenskapsgeleentheid aan. Ons werk elf maande aan die baie detail om sukses te verseker. Ons kies die datum en plek, bepaal die kaartjiepryse. Ons kies alles van kosverkopers tot klanktegnici. Nader aan die tyd, beantwoord ons vrae en gee aanwysings. Na die tyd kry ons terugvoer. Party goed. Ander moeilik om aan te hoor. Ons…